Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Die Hoof

DIE BEHEERLIGGAAM STEL GRAAG DIE HOOF AAN U BEKEND:

 In 2005 het die skool die hele jaar lank fees gevier toe ons skool 35 jaar oud geword het. Oud-personeellede het gedeel in 'n praggeleentheid waar die leerders en personeel deelgeneem het aan 'n dag vol pret en genot. Ons het dieselfde konsep vanjaar tydens ons 40 jarige viering toegepas en die oud personeellede het met groot dank en waardering gdeel in ons vreugde.

Ons waak egter nougeset teen verslapping en teer beslis nie op oorwinnings en suksesse van ons voorgangers nie. Ons inspirerende leuse - WEES DOELGERIG - gebied dan ook dat ons nie onseker moet wees oor wat ons wil en moet bereik in die lewe en op die pad vorentoe nie.

Hier in Laerskool Horison is ons baie bewus van die nuwe eise wat die onderwys aan ons skool stel en is ons gereed om die uitdagings te aanvaar. Vir ons is Laerskool Horison nie maar net 'n skool nie. Vir ons is hierdie skool iets baie besonders en iets baie uniek want sy personeel is uniek; sy aanslag en etos is uniek; sy inkleding is uniek en sy prestasies is uniek!

  Dr PGL Grobler het vir sy D.ED-graad in Sielkundige Opvoedkunde die ontwikkelingsfases van kinders nagevors o.a. met die doel om kinders beter te verstaan en ook om 'n model vir leierontwikkeling te ontwerp. Die model is die eerste wetenskaplikgefundeerde teoretiese model oor leierskapontwikkeling vir skoliere in Suid-Afrika.

Wat leierontwikkeling aanbetref het hy ook 'n verskeidenheid van alternatiewe in die verband ontwerp en daardeur het hy dan ook verseker dat elke leerder vanaf graad 1 tot Graad 7 deelneem aan die ontwikkelingsprogram van ons skool. Verskeie skole en instansies maak gereeld gebruik van sy kundigheid deur hom uit te nooi om werkswinkels in die verband aan te bied.

Vir die personeel en kinders bly die Dr Grobler "Meneer" en daardeur word dit ook duidelik dat hy 'n nederige mens is met wie kinders, ouers, personeel en mense uit enige sektor van die gemeenskap maklik assosieer.
 

DIE BOODSKAP VAN DIE HOOF:

Ons skool het vanjaar sy 40-jarige bestaan gevier. As ons terugkyk op die goeie werk wat hier in die verlede gedoen is, kan ons nie anders as om hulde te bring aan ons voorgangers nie aangesien hulle baie voorregte en vooruitsigte binne die bereik van baie leerders geplaas het. ONS SKOOL IS WERKLIK ONS TROTS EN DIE TROTS VAN ONS GEMEENSKAP, EN ONS WAAK DOELGERIG OM DIT SO TE HOU.
 

DR. P.G.L. Grobler