Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Gr 1 leerders

 Registrasievorm 2012

Liewe Nuwe Maat,

Dalk is jy volgende jaar in Graad een of in Graad R en wonder jy en jou ouers na watter skool toe hulle jou moet laat gaan? Om julle te help in julle besluit vertel ek graag vir julle my: "Horie-Storie"

Ek moet eerste vir jou vertel van ons hoof. Hy is dr Piet Grobler. Maar weet jy, hy sê altyd vir ons hy is sommer net ons "skoolpa". Dit is regtig die waarheid. Hy is altyd reg om met jou praat en jou te help as jy 'n probleem het.
  My storie begin in Graad R toe mamma en pappa my hier in die kleuterskool ingeskryf het. Dit is regtig baie lekker in ons kleuterskool. Kyk hoe lekker eet ons roomys by die kleuterskool - almal is tog te vrolik en gelukkig!

Weet jy, ek is glad nie eers bang om volgende jaar na die groot skool toe te gaan nie, want ek ken al klaar al die Graad 1-juffrouens van ons skool. Hulle is regtig baie mooi en vriendelik.  Hulle name is Juffrou Judy, Juffrou Maryna, Juffrou Sonett en Juffrou Toeks.

Ons werk soms baie hard en leer vreeslik lekker. Die juffrou met die wit trui is Juffrou Maryna, sy is die Departementshoof van die kleuterskool en grondslagfase, Gr1-3.

Partykeer doen ons verskriklike lekker dinge soos dat ons ontbyt maak, tafel dek en dan sommer ons eie kos opeet - dit is regtig groot pret.

Ander kere maak ons vrugteslaai buitekant - ons het dan baie grappies en lag tog te lekker!

By ons skool is daar baie kanse om aan sport deel te neem - al is jy net in Graad een.

Die seuns speel bulletjie en welpie rugby. Ons skoolpa,  dr Grobler,  leer self die graad een - seuns rugby speel.

Oulike jong en vriendelike menere help ook met die bulletjie en welpie rugby en die mini-krieket vir die graad een seuns.

Die lekkerste van alles is pouses. Ons het 'n mooi snoepie met hope en hope lekkertjies en koeldrank , maar ook 'n deel waar jy gesonde kos kan koop. 

Mens kan pouses hardloop en speel. Vir my lyk dit of die groter kinders meer daarvan hou om net te sit en kuier.

Die graad sewes is die grootste kinders in die skool - hulle is ons leiers. Na hulle toe hardloop ons vinnig as ons onseker is oor iets of hulp of raad wil vra.

Kom word deel van Horison skool waar daar regtig sonskynkinders is wat altyd helder en vrolik skyn.

Kom na ons skool en kom sit jou glimlag hier langs myne neer!