C.S.A
CHRISTOSENTRIESE AKTIWITEITE
Om vir God te werk is waarlik net ‘n fees. Om die Woord van God uit te dra en die plek te gee wat dit in Christelike skool behoort te hê, word verskillende aspekte van alle kerke in ons skool gekoördineer.
Een maal per week word vir ‘n halfuur lank tydens die CSA-periode rondom die Woord van God gekuier.
Graad 7-leerders verdeel in klein groepe saam met bekwame opgeleide beraders wat die Woord vir hulle in hulle idioom en volgens behoeftes uitdra. Die res van die skool geniet byeenkomste in die saal waar daar vir hulle aktiwiteite aangebied word of vergader in hulle voogklasse met ‘n les en ‘n boodskap saam met hulle voogonderwysers.
Ons het ook 2 Gr. 7-CSA leiers. Vir 2010 is dit Jana Nel en Daniel Pretorius. Hierdie 2 leiers neem inisiatief om gassprekers en leraars met spesiale geleenthede soos Hemelvaart of die laaste dag van 'n kwartaal te reel. Hulle is ook betrokke by gemeenskaps en Bybel verspreidings-projekte
