Gemeenskapsraad
Laerskool Horison vorm deel van die Roodepoortse Laerskole Gemeenskapsraad wat deur Afrikaanse en Engelse laerskole in Roodepoort verteenwoordig word. Die raad het 'n veelvuldige doel: Om die gemeenskap te dien, die leerders bekend te stel aan leerders van die ander skole, kulture en rasse, om die leerders te leer hoe om in 'n sosiale omgewing op te tree teenoor andere en hoe om uit te reik na die gemeenskap.
Ons skool streef daarna om te bepaal waar ons omgewing se behoeftes le en dan op daardie gebied te help.
Die hele skool dra by tot die sukses van die raad, daar almal help met verskillende projekte, bv. blikkieskos insamel, bymekaarmaak van ou klere, komberse en ander benodighede. Die Gemeenskapraad versprei hierdie items onder die hulpbehoewendes. Deur middel van die gemeenskapsraad leer al die Hories om nie net te ontvang nie, maar ook om te gee. Die raadslede wat bestaan uit 2 hoofleiers van die skool kom gereeld bymekaar om vergadering te hou waar hulle die jaar se aktiwiteite beplan en besin oor die sukses van vorige projekte.
GEMEENKAPSRAAD
Die Gemeenskapsraad van Laerskool Horison is ‘n klompie kinders wat nie bang is om hard te werk nie!
Angels Place
Die lede van die Gemeenskapsraad het op Saterdag 1 Mei, 'n draai gaan maak by die kinders van Angels Place. Die kinders het bordspeletjies gespeel, partytjie gehou en daar was tot optredes gehou. Donasies van kos en speelgoed is ook oorhandig.
Indien u self 'n bydrae wil maak kan u gerus vir Me. Liana Petzser kontak(083 661 7532).
Deurlopende projekte: Die Gemeenskapsraad is deurlopend besig met die insameling van die volgende:
- Blikkieskos: Die blikkieskos en ander nie-bederfbare produkte word ingesamel, om die gesinne van ons skool wat behoeftig is te help. Indien u weet van enige gesinne wat ons kan help kontak die skool gerus.
- Komberse: Ons neem deel aan die Jacaranda 94.2 Winter Warmers projek.
- Hondekos: Ons samel die hondekos in om later vanjaar aan die DBV te oorhandig.
Gemeenskapsraad eindjaar dinee
Laerskool Horison was die algehele wenners in 2009 en daarom het ons die voorreg om vanjaar se Eindjaar- en prysuitdelingsdinee te reel. Hierdie dinee vind plaas op 20 Oktober 2010.
Kontak persone:
Indien U enig navrae het of graag donasies wil maak, kontak gerus enige van die volgende persone: Me Maria-Lise Morland(0721255484), Me Marle Erasmus(0723741608 en Me Leoni van Zyl(0827380873).
