Kodes van optrede
SKOOLKODE:
- Ek erken God in alle gebiede van my lewe. Ek dank Hom vir my lewe, gesondheid en talente en sal derhalwe nooit my naaste mag kleineer as ek meer genadegawes as hy of sy ontvang het nie.
- Ek waardeer die voorreg om te kan studeer en my te bekwaam vir my latere lewe.
- Ek sal daarna streef on 'n gesonde liggaam te ontwikkel om 'n gesonde gees te huisves.
- Ek streef daarna om my te ontwikkel deur selfbeheersing en kennis van myself.
- Ek sal altyd probeer om netjies en presies te wees op my persoon, gedrag en taal. Veral op my klere, omgewing en waar ek my bevind.
- Ek sal my skool se naam altyd hoog hou.
- Ek sal daarna streef om my eiendom en die van ander te respekteer en teenoor alle eiendom so op tree asof dit my eie is.
- My strewe is om kuisheid en goeie maniere oral en altyd te beoefen.
- Ek strewe daarna om beleefdheid te beoefen teenoor alle mense en in besonder teenoor my meerderes.
- Ek sal altyd daarna streef om op alle vlakke 'n waardige mens te wees.
LEIERKODE:
- Ons belowe plegtig om werklik te streef om as ware leiers van ons skool op alle gebiede op te tree en my skool se naam altyd hoog te hou.
- Ek onderneem om met inisiatief, ywer en daadkrag my pligte soos uiteengesit in my pligstaat te volvoer.
OM HIERDIE BELOFTE GESTAND TE DOEN, BESEF ONS DAT:
- Ons nooit ons posisie as leier mag misbruik nie.
- Ons altyd 'n ware voorbeeld in die nakoming van skoolreels, die uitvoering van opdragte, die bywoning van skoolaangeleenthede en in ons optrede in die publiek en buite skoolverband sal en moet wees.
- Ons altyd bereid sal moet wees om onsself beskikbaar te stel by funksies en ander skoolaangeleenthede deur hulp te verleen waar dit benodig word.
- Ons ons sal moet onderwerp aan die leiding van die Allerhoogste in die eerste plek asook aan die onderwyspersoneel in sy geheel en die hoof en leiervoogde in die besonder.
- Ek sal probeer om altyd eerlik, betroubaar, opreg, grootmoedig en nederig te wees.
- Ek sal probeer om my Christelike lewensbeskouing te alle tye uit te leef.
DISSIPLINE:
Laerskool Horison het vanjaar 'n nuwe dissiplinere stelsel in werking gestel. Indien 'n oortreding plaasvind, word dit in die dissiplinere joernaal aangeteken. Die stelsel steun op positiewe ondersteuning van leerders en terugvoer aan die ouers.
