Koor
Laerskool Horison beskik oor twee puik kore.
GESKIEDENIS EN HOOGTEPUNTE VAN ONS SENIORKOOR
Die seniorkoor is reeds in 1972 gestig en was die eerste Roodepoortse laerskoolkoor wat gekeur is vir deelname aan die destydse TOD kunstefees in die Staatsteater in Pretoria.
- Gedurende 1994 was die Horiekoor die enigste laerskoolkoor in die Roodepoortstreek by die Staatsteater.
- Beide kore neem gereeld deel aan optredes by ouetehuise, koorfeeste en ander geleenthede.
- Die Seniorkoor van Laerskool Horison is reeds bekroon met 'n aantal toekennings, waaronder die trofee van die Witwatersrandse Musiekgenootskap en 'n Oorkonde van die burgemeester van Roodepoort as erkenning vir die bevordering van musiek in die kultuurstad.
- In 2003 tree die Seniorkoor as Gautengwenners uit in die Tirisanokoorompetisie wat deur die departement van Onderwys gereël is en eindig 4e op die Nasionale kompetisie. In 2004 eindig die koor tweede op provinsiale vlak.
- Die Seniorkoor word ook genooi om tydens die "Love Life Games" se openings-seremonie op te tree.
GESKIEDENIS EN HOOGTEPUNTE VAN ONS JUNIORKOOR
- Leerders word gekeur vanaf Graad 1 tot Graad 4 vir die juniorkoor.
- Die jaarlikse Kersprogram is een van die juniorkoor se hoogtepunte.
- Gedurende 2000 en 2003 het die Juniorkoor 'n CD gemaak.
- In 1998 en 1999 is die Juniorkoor gekeur om aan die Rentmeester Kunstefees deel te neem in die Staatsteater in Pretoria.
- Dit is 'n besondere prestasie aangesien die keuring oor 'n wye gebied gestrek het.
