Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Mediasentrum

Laerskool Horison beskik oor 'n pragtige mediasentrum. Daar is Junior-, Senior-, Naslaan- en Onderwysnaslaan afdelings beskikbaar. Die mediasentrum beskik oor ongeveer 6000 boeke asook 'n groot verskeidenheid prente, skyfiereekse, videos en DVD's. Twee TV-stelle met DVD- en videospelers is beskikbaar om die materiaal te vertoon. Die skool is bevoorreg om ook oor 'n DSTV-stelsel se beskik en leerders asook personeel het toegang tot sekere DSTV kanale. 'n Digitale projektor (groot skerm) word ook aangewend met spesiale gebeure.

Graad 1 tot Graad 3 leerders besoek die mediasentrum in klasverband een keer per week waartydens die leerders geleentheid kry om boeke uit te neem. Graad 4 tot Graad 7 leerders word die geleentheid gebied om tydens pouses boeke uit te neem. Die mediasentrum is elke skooldag tussen 07:00 en 13:30 oop en word deur Me Annette Vermeulen behartig. Vanaf 13:30 word die verrykingsentrum/studiesentrum deur Mev Vermeulen en studiesentrumpersoneel in die mediasentrum behartig.