Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Musiek

Laerskool Horison beskik oor ‘n ten volle toegeruste musieklokaal en kan met trots sê dat elke kind klasmusiek ontvang vanaf Gr 1 tot Gr 7 as deel van die leerarea Kuns en Kultuur.

Die kind word ten volle ontwikkel ten opsigte van die musiekaktiwiteite soos sang, beweging, beluistering, instrumentespel, kreatiwiteit en notasieleer. Die volgende vaardighede of uitkomste word deur verskeie hulmiddels aangespreek nl. tempo, toonhoogte, nootwaardes, timbre, vorm, dinamiek, styl en stemming . Musiek plus musiekwaardering as deel van leerarea Kuns en Kultuur word geïntegreer met die verskillende leerareas.

Die doel van musiek in graad een is om die natuurlike musiekaanleg van die kind te ontwikkel, die verbeelding te stimuleer en hom uit te leef in 'n musiekaktiwiteit deur "hoor, doen en sien". Die basiese musiekkonsepte word reeds vanaf graad een aangeleer naamlik polsslag, ritme, toonhoogte, tempo, dinamiek, stemming, klankkleur, vorm en artikulasie.

Die jong kind sing graag. Deur instrumentespel leer hulle basiese ritmepatrone, toonhoogte en solfa. Groot motoriese ontwikkeling is die boustene vir enige formele leersituasie. Deur spel en musiek word hierdie persepsie baie sterk beklemtoon in die musiekaktiwiteite. Deur verskeidenheid musiekklanke word ouditiewe vaardighede verfyn wat die voorloper is van lees en skryfaktiwiteite.

'n Kind wat musiek kan beleef en uitleef, is 'n gelukkige kind.