Landloop
Die langasems van Horison is aan die oefen vir die 2010 landloopseisoen. Mnr Charlie Herselman(een van ons Oupa's) en voorsitter van die Roodepoortse Atletiekklub rig die landloopatlete af. Juf. Annamien Smith help met die organisasie. Ons oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 13:45 tot 14:30. Enige iemand is welkom om te kom saam oefen. Ons wissel padwerk met kragwerk(bulte) en spoed oefeninge af. Die kinders geniet die padwerk vreeslik baie. Juf. Annemien en Oom Charlie draf saam en ons is al lekker fiks.
Die landloopseisoen vir 2010 skop een van die dae af. Ons het vanjaar 2 vriendskaplike byeenkomste en dan die Roodepoort kampioenskap gevolg deur die D12 kampioenskap. Enige atleet is welkom om aan die vriendskaplike byeenkomste en Roodepoort kampioenskap deel te neem. Die beste 6 atlete in elke ouderdomsgroep in die Rooodepoortstreek kwalifiseer dan om aan die D12 kampioenskappe deel te neem.
Die ouderdomsgroepe en afstande is soos volg:
Seuns en dogters 10 jaar - 2 km
Seuns en dogters 11 jaar - 3 km
Seuns en dogters 12 jaar - 3 km
Seuns 13 jaar - 4 km
Dogters 13 jaar - 3 km
Seuns en Dogters 14 jaar - 4 km
Sedert 1988 neem Horison deel aan die Sentraal-Wes Landloopkompetisie en het tot 1995 elke jaar as oorwinnaars uit die stryd getree! Sedert 1995 vind die landloopkompetisie nie op interskolebasis plaas nie, maar die atlete neem steeds aan ander kompetisies en vriendskaplike byeenkomste deel. Verskeie atlete is in die verlede tot die N5-spanne verkies en lewer puik prestasies tydens die interprovinsiale kampioenskappe. Afrigting vind Maandae, Dinsdae en Donderdae by die skool vanaf 13:45 tot 15:00 plaas. Afrigters is Me Z Venter en Me C Jordaan. Leerlinge neem ook gereëld deel aan Pretloop-byeenkomste van 5km.

ROODEPOORKAMPIOENSKAP - LANDLOOPUITSLAEROODEPOORKAMPIOENSKAP - LANDLOOPUITSLAE
Die landloopatletiek het op Vrydag 23 atlete aan die kampioenskap deelgeneem. Almal het baie goed gedoen. Baie geluk en baie dankie vir julle harde werk. Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die eerste 10 atlete geëindig het. Hulle kwalifiseer vir die Roodepoortspan. Mariné Lamprecht D0/9 (7de plek), Diana van Zyl D0/9 (5de plek), Lolene Sterley D0/11 (8ste plek) Danae Pretorius D0/12 (3de plek), Maxine Klinkenberg D0/13 (8ste plek), Annelie |
||||||||||||||||
LANDLOOP RoodepoortspanBaie geluk aan die volgende landloopatlete wat in die Roodepoortspan opgeneem is.
Baie geluk aan ons dogters wat uit 15 skole die volgende prestasie in spanverband behaal het: Dogters 0/12 - Tweede plek Dogters 0/13 - Vierde plek |
