Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Rugby

Laerskool Horison presteer jaarliks op rugbygebied en is voorwaar ‘n krag om mee rekening te hou. Horison het nie minder nie as 8 rugbyspanne wat liga speel waarin leerders opgeneem kan word, met gekwalifiseerde afrigters en skeidsregters. Ons glo aan massadeelname en het derhalwe nog 5 bulletjiespanne wat vriendskaplike wedstryde speel. Horison het dan ook die afgelope jare verskeie seuns gehad wat opgeneem is in die Goue Leeus Laerskole Rugbyspanne. Ons spanne vaar ook besonder goed in die liga en is gereeld wenners of naaswenners van die Sentraal-Wes-liga.

Goue leeus spelers (Sedert 2000)

  • 2000 Hercules Venter, JP Greyling
  • 2003 Marnus Vermeulen, Jimmy Hughes
  • 2004 Jimmy Hughes (Kaptein), Divan Ueckerman
  • 2005 Divan Ueckerman, Dwayne Andrews
  • 2006 Boetman Grobler, Zander Schlemmer, Sibelo Dlamini, GP Pretorius
  • 2007 Zander Schlemmer, Sibelo Dlamini
  • 2008 Zander Lange, Marques Ackerman
  • 2009 Marques Ackerman
  • 2010 Lee Whin van Wyk

Ons seuns word jaarliks ingesluit in die Sentraal-Wes spanne

  • 2008 0/12 Zander Lange, Marques Ackerman, Wouter Kleynhans, Zack Carlson, Anlo van Wyk, Altus Boshoff
  • 2009 0/12 Ryan Johst, Alden Herselman, Michael Ray, Tristan van Niekerk
  • 2009 0/13 Marques Ackerman, Wouter Kleynhans, Altus Boshoff
  • 2010 0/12 Eduard King, Jacques de Jager
  • 2010 0/13 Ruan Johst, Adriaan Janse van Rensburg, Ruben Gibbs, Michael Ray

BOKKIEWEEK RUGBY

JANNIE DU PLESSIS is  gekies om Transvaal by die BOKKIEWEEK te gaan verteenwoordig.  Hierdie toernooi vind  van 4 tot 8 Julie in Kroonstad plaas. Daar is 16 verskillende provinsies wat teen mekaar meeding. Aan die einde van die toernooi word ‘n 0/13-bokkiespan gekies. 

 

Welpie rugby

 

Baie geluk aan die 0/8-Welpies wat verlede Saterdag op Ellispark uitgedraf het. Die eerste wedstryd teen Laerskool Dr Havinga het hulle met 3 - 1 gewen en die tweede wedstryd teen Laerskool Rapportryer het hulle 1 - 0 gewen. Ons is trots op ons Welpies.

Goue Leeus

Lee-Whin van Wyk is gekies vir die Goue Leeus