Tennis
Laerskool Horison se tennisspelers het nog altyd uitstekend presteer. Leerders neem deel aan 'n rondomtalie. Almal wat wil, skryf in volgens hul ouderdomsgroepe en speel dan teen mekaar. Pryse word gewen tydens die rondomtalie. So word die tennisleër bepaal. Die leër bly oop reg deur die jaar en leerders mag mekaar daag volgens die SATU reëls.
Daar is twee afdelings waarin die leerders kan deelneem:
Die Goue Leeus afdeling bestaan uit vier spelers (twee seuns en twee dogters). Hulle speel dubbels en gemengde wedstryde, 7 potte elk. Daar word 'n A-span en 'n B-span gekies. Wenners gaan deur en speel teen die Soweto skole liga wenners.
Die Groen afdeling is 'n sosiale afdeling wat bestaan uit gemengde spelers, ook twee seuns en twee dogters, of drie seuns en 1 dogters, of 3 dogters en 1 seuns - 'n totaal van 6 spelers. Hulle speel slegs dubbels.
Horison beskik oor ‘n professionele tennisafrigter wat die hele jaar op Maandae en Vrydae die leerlinge in tennistegnieke onderrig. Die skool beskik oor belowende spelers wat Suid-Transvaalkleure asook Wesrandkleure verwerf het.
