Krieket
By Laerskool Horison geniet krieket groot belangstelling en afrigting vind op ‘n baie hoë vlak plaas. Per geleentheid is ook al van professionele afrigting gebruik gemaak, in die persone van Gerbrand Grobler (in memoriam), Louis Vorster en Harry Shapiro van "The Cricket Institute", wat krieketklinieke by die skool aangebied het. Beide afrigters en spelers vind groot baat by Horison se krieketklinieke. Vier spanne 0/10 tot 0/13 word vir die liga ingeskryf, terwyl die 0/8- en 0/9-spelertjies mini-krieket speel. Sestien leerlinge het die afgelope vyf jaar provinsiale kleure in krieket verwerf. Horison is voorwaar een van die sterkste krieketskole aan die Wesrand en tree gereeld as ligawenners of naaswenners uit die stryd.
KRIEKETDRAG TYDENS WEDSTRYDE:
![]() |
|
Sentraal Wes KrieketBaie Geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir Sentraal Wes Krieket: Voor vlnr: Christo Stoop, Erik Beekman ,Kristian Roode, Ruan Lange Middel Rnl: Rynard Mouton, Renardo Vorster, Warren Paterson Agter: Jacques De Jager, Mnr. A. Louw(Afrigter O/9 SW span) Gareth Smith, Afwesig: Teyrone Yeates
|
Sentraal-Wes KrieketJason Buckingham(o/10) en Wynand Steynberg(o/9) is gekies vir Sentraal-Wes Krieket in die 2010 seisoen.
|



