Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Preprimêr

'N UNIEKE SKOOL MET DEERNIS EN BEGRIP WAAR KLEUTERS GEKOESTER WORD.

AKTIWITEITE BINNE EN BUITE SKOOLVERBAND

Klik hier en laai 'n dokument af met die nodige inligting

 

ALGEMEEN:

Daar is tans 3 Graad R klasse(5-6 jaar), 3 Graad RR klasse(4-5 jaar) en 1 speelgroep klas(3-4 jaar) wat funksioneer onder toesig van gekwalifiseerde onderwyseresse.

Die 3 Graad R klasse dien terselfdetyd as brugklasse vir Graad een.

Al die klasse volg 'n goedgekeurde dagprogram.

Vir u as ouer bly dit 'n groot gerief om u skoolgaande kinders asook kleuterkinders op een perseel versorg te kan he.

Deur aan u kleuter die geleentheid te gee om hier skool te gaan word 'n vroeë band gesmee met die toekomstige "groot skool" en betree hierdie kinders hulle Graad een-jaar met baie meer selfvertroue en sonder enige vrees en angs.

Horison Preprimêr is die mees unieke skool met 'n magdom van noodsaaklike ontwikkelingsaktiwiteite.

SKOOLURE:

Die dagprogram begin om 8:30 en word om 13:00 afgesluit en die kleuterskool verdaag amptelik om 13:00.

Vanaf 7:00 is daar 'n personeellid aan diens.

ADRES EN TELEFOONINLIGTING:

Straatadres: Weaverstraat, Horison, 1724

Posadres: Posbus 2005, Horison, 1724

Telefoon: (011) 760 5762

Faks: (011) 763 6355

Kantoorure: 08:00 tot 14:00

AKTIWITEITE:

Kleuters neem gratis deel aan die volgende ontwikkelingsaktiwiteite wat binne skoolverband aangebied word en dus ingesluit is by die skoolfooie:

  • Groot Motoriese aktiwiteite: Graad R, Graad RR en Speelgroep (Menslike bewegingskunde)
  • Rekenaarvaardighede: Graad R

Aktiwiteite waaraan kleuters buite skoolverband kan deelneem en deur ouers addisioneel voor betaal word maar NIE verpligtend is om aan deel te neem nie behels die volgende:

  • Ballet
  • Gimnastiek
  • Pottebakkery
  • Drama
  • Playball
  • Rugga kids
  • Semas Abbacus Wiskunde
  • Kuns
  • Kindermuzik

EIE SKOOLDRAG:

Horison Preprimêr beskik ook oor hulle eie skooldrag wat bestaan uit 'n speelpakkie vir die somer en 'n skoolsweetpak vir die winter.

Skooldrag kan direk by die skool bestel en aangekoop word.

AFSLUITNGSFUNKSIE EN GRADEPLEGTIGHEID:

Jaarliks word 'n afsluitingsfunksie aangebied.

Dit behels 'n konsert en "gradeplegtigheid" vir die Graad R kleuters.

KUNSWEDSTRYD:

Kleuters neem deel aan die Roodepoortse Kunsvereniging se kunswedstryd.

Al om die ander jaar neem die kleuters ook deel aan die kreatiewe kunswedstryd asook vokale en voordrag items.

KLEUTERATLETIEK:

Horison Preprimêr bied elke jaar 'n atletiekdag vir die kleuters aan.

Kleuters neem deel aan die volgende items:

  • Hoogspring
  • Verspring
  • Gewigstoot
  • Spiesgooi
  • Diskusgooi (Skyfwerp)
  • Naellope (40m & 60m)

SKOOLLIED: (Geskryf deur Dr P.G.L. Grobler)

Hiep hiep hoera, ons is die Hories
Hiep hiep hoera, ons is die Hories
Ons leer en speel dat die stof so staan
En word so slim om skool toe te gaan

Hiep hiep hoera, ons is die Hories
Hiep hiep hoera, ons is die Hories
Beleefd en mooi dit moet ons wees
met almal om ons - dis die gees

KLASGELEDE:

Klasgelde word jaarliks vasgestel en is streng vooruit betaalbaar voor die 7e van elke maand.

Registrasiefooi is betaalbaar met inskrywing.

ONDERSTEUNENDE DIENSTE:

Ons maak ook gebruik van die die multi-dissiplinere span wat werksaam is by Laerskool Horison.

Dit sluit die dienste in van 'n opvoedkundige sielkundige, arbeidsterapeut, spraakterapeut, taalterapeut sowel as oudioloog.
NASKOOLSENTRUM:

Die naskoolsentrum is ook beskikbaar vir kleuters.

KUNSWEDSTRYD UITSLAE 2010:

Afdeling A Afrikaanse voordrag

 Migail Nieman - A++

Waldo Sequeira - A

Zander Combrinck - A

Steyn Foster - A

Carli Swart - A

Henriette van der Merwe - A

Shané Botha - A

Shané Beetge - A

Morgan Graham - A

AKTIWITEITE BINNE EN BUITE SKOOLVERBAND

Klik hier en laai 'n dokument af met die nodige inligting