Redenaars
Jaarliks word daar vir graad 5- tot 7-leerders ‘n redenaarskompetisie gereël. In elke graad groep van gr. 5 tot gr. 7 is daar 'n trofee waarvoor meegeding kan word. Ons poog om soveel moontlik leerders daarby te betrek, dus word daar eers uitdunrondtes gehou, waartydens die beste leerders gekies word om aan die skool se finale rondte deel te neem. Ons leerders neem ook jaarliks deel aan die ATKV se redenaarskompetisie vir laerskole. Die afgelope jare het ons leerders al as streeksverteenwoordigers deurgedring na die finale rondtes.
|
Graad 4 Courtney Weideman, Milan de Kock, Leane Minnaar
|
Graad 5 Danae Pretorius, Nikita Steyn, Stefan Meyer
|
|
Graad 6 Etlane van Jaarsveldt, Annelie Smith en Maxine Klinkenberg
|
Graad 7 Maryke van der Walt, Christine Bergman en Jeaninne Keyser
|




