Rekenaarsentrum
Grondslagfase
Ons gebruik Powerpoint skyfiereekse wat spesiaal vir Horison se leerders geskryf is om aan te sluit by die programorganiseerders(temas) soos voorgeskryf deur die GDO. Dit spreek woordeskat, woordsomme, sinsbou en sleutelbord – en muisvaardighede aan.

Senior Primêr
Graad 4:
Ons begin met ‘n gestruktureerde kursus in MS PowerPoint. U kind ontvang die handleiding met elke les.
Nadat ons die handleiding deurgewerk het, sal die leerlinge hulle eie skyfiereekse maak wat verband hou met die programorganiseerders (temas) wat deur die jaar behandel is.
Graad 5:
Ons begin met ‘n gestruktureerde kursus in MS Word. U kind ontvang die handleiding met elke les. Met elke afdeling bv. kolomme, word werkstukke ten opsigte van dit wat aangeleer is gedoen.
Graad 6 en 7:
Ons begin met hersieningsoefeninge in MS Word. Daarna begin ons met opleiding in MS Excel. Oefeninge na aanleiding van dit wat aangeleer word, word beoefen
LEESSENTRUM
- Mev. Maryna Keyter hanteer ons leessentrum van Maandag tot Donderdagmiddae, in die Rekenaarsentrum.
- Ons gebruik “Lector 2000” wat geskik is vir Gr1 – Gr 13.
- Die fooie is R30 per sessie en is streng maandeliks vooruitbetaalbaar.
- Kontak gerus Me. Keyter vir verdere inligting.
REKENAARVAARDIGHEID
Dit is ons voorreg om vir die vyfde jaar ons kinders te kan oplei in rekenaarvaardighede. Ons stel ekstra rekenaarklasse beskikbaar vir Gr. 1-3 leerders vir 'n uur per week., teen R35 per les, om waardevolle rekenaarvaardighede soos die volgende vir hul aan te leer:
- Algemene rekenaarvernuf (muisvaardighede)
- Perseptuele en Ruimtelike vaardighede
- Wiskundige oefeninge (Tel, getalkombinasies, woordsomme)
- Lees, spelling, sinsbou en woordeskat
- Geheue speletjies
- Teken, inkleur
- Tik
- En vele meer...
- Juf Gerda Kies kan geskakel word met enige navrae
