Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Revue

Revue geskiedenis van ons skool:

As deel van die herdenking van ons dertig-jarige bestaan het ons Revue 2000 aangebied. Die produksie was vanaf 2 tot 5 Oktober 2000 op die planke gebring in die Roodepoortse Stadsteater.

'n Groep leerders is vooraf geïdentifiseer om 'n CD-opname te maak wat as basis vir die Revue gedien het. Die opnames en CD is in die Dolf Brits ateljee in Brakpan opgeneem. Dit was vir elke kind wat daaraan deelgeneem het 'n lewensverrykende ervaring. Dit was ure se uithou en konsentrasie, maar die eindresultaat is 'n CD waarop ons trots is.

In 2003 bring ons weer 'n Revue produksie op die planke nl: "Kaleidoskoop van klank" en verwerf 'n goue diplome op die Dikonokono kunstefees.

In 2006 eindig ons tweede provinsiaal tydens die Seragona kunstefees met 'n revuegroep. Ons verwerf die hoogste puntenog toegeken vir 'n revuegroep tydens die Roodepoortse kunswedstryd met die woorde van die beoordelaar: "'n skouspel van kleur en kank!"

In 2008 is die liedjiesfees "Vivace" in die stadsteater opgevoer. Die belangstelling was so groot dat ons 7 vertonings moes aanbied.