Simbole
Laerskool Horison is trots op sy pragtige simbole wat hom as 'n unieke skool laat uitstaan.
Net soos die skool op een van die hoogste punte aan die Witwatersrand geleë is, so reik die opvoeders en die leerders altyd na die hoogste pieke, hetsy op akademiese, sport of kulturele gebied.
Ons leuse is nie verniet " Wees doelgerig " nie.
DIE SKOOLLIED
Oor horison in vrye vlug
Die arend hoog in bloue lug
So hoog en fier in ons gemoed-
Die hoop en krag en lewensmoed
Om uit te styg en trou te bly
Aan volk en land en God gewy.
Die Horisonse laerskool
Met arendsmag as sy simbool
Waar alle kinders jonk en flink-
Word opgelei om uit te blink
Om vasberade en getrou
Ons elk se erfnis uit te bou.
REFREIN:
By ons skoolwerk en heel ons lewe
Op die sportveld, in al ons strewe,
Met die harte na Bo gerig-
Bly ons leuse: Wees doelgerig!
BERYMING DEUR: Dr. J.A. de Coning
GETOONSET DEUR: Dr. Rykie Pienaar
BYGEWERK DEUR: Dr. P.G.L. Grobler
DIE SKOOLWAPEN

DIE AREND
Hierdie voëlsoort was eie aan ons omgewing. Hy kan besondere hoë hoogtes in vlug bereik en derhalwe beweeg hy in suiwer lug waar hy verhef is bo besoedelde lug.
Sy skerp sig stel hom in staat om sy doelwit duidelik te identifiseer.
Sy sterk vlerke stel, op hulle beurt, die arend in staat om die geidentifiseerde doelwit met krag, spoed en doelgerigtheid na te jaag.
DIE LANDSKAP AS AGTERGROND
(DIE SON EN DIE RANTE)
Dit dui die presiese ligging van die skool op die Witwatersrand aan. Die son het 'n selfverklarende simboliek terwyl die wit van die rante op suiwerheid dui. Besoedelde en suiwer lug verwys na ons gedagtes en leefwereld.
Die wapen is ontwerp en beplan deur mnr. J.A. Vermaak en personeel van 1971 toe die huidige skool betrek is. Aanvanklike sketse is deur 'n personeellid, mev. A.C. Strydom, gemaak.
