Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Skooldrag

skooldrag
Die volgende kleredrag is verpligtend vir alle leerlinge
Dogters
Somersdrag

  • Eerste en vierde kwartaal (nadat die leerders per brief in kennis gestel is)
  •  Geruite rokkies
  • Kleurbaadjies  eerste en vierde kwartaal as dit nodig is. Roesbruin met koord en sakwapen
  • Rek nylon broekies (Cygnot roesbruin of oranje)
  • Kort wit sokkies
  • Donkerbruin skoolskoene
  • Wit haarversiering of “Scrunchies” van geruite skooldragmateriaal
  • Geen blink juwele en oorbelletjies anders as die “stud’ of klein ringetjies nie
  • Hare langer as skouerlengte moet netjies vasgemaak word.
  • Moulose truitjies word onder die baadjies gedra
  • In reënweer ‘n wit “Drymac”. Dit is egter nie deel van die skooldrag nie en word slegs as beskeming teen die reën gebruik

Wintersdrag

  • Tweede en derde kwartaal (nadat die leerders per brief in kennis gestel is)
  • Geruite rokkies -  dieselfde as somerdrag
  • Kleurbaadjies -  dieselfde as somerdrag
  • Skool roesbruin windbreker – die balkies word nie op die windbreker gedra nie maar op die skoolbaadjie
  • Tetrex donkerbruin langbroeke, gewone dagdrag wit langmouhemde  en kleurbaadjies óf
  • Tetrex rokkie soos in die somer en kleurbaadjie
  • Skooldas by langbroek en hemp 
  • Rek nylon broekies (dieselfde as by somerdrag)
  • Skool kniekouse  of kameelbruin broekiekouse by skoolrokke
  • Effe roesbruin V-hals skooltruie
  • Donkerbruin skoene (dieselfde as somerdrag)
  • Wit serpe. Geen mussies nie

LW Die sportsweetpak word nie as skooldrag gedra nie

Seuns
Somersdrag

  • Eerste en vierde kwartaal  (nadat die leerders per brief in kennis gestel is)
  • Kleurbaadjies (opsioneel vir somerdrag) – roesbruin met koord en sakwapen
  • Gewone wit oopslaanhalshemde met kort moue
  • Kort, vaalbruin riffelkoord broeke (by leweransiers beskikbaar)
  • Skoolkouse en donkerbruin skoolskoene
  • In reënweer ‘n wit “Drymac”. Dit is egter nie deel van die skooldrag nie en word slegs as beskeming teen die reën gebruik

Wintersdrag

  • Tweede en derde kwartaal
  • Kleurbaadjies (dieselfde as somerdrag)
  • Skool roesbruin windbreker – die balkies word nie op die windbreker gedra nie maar op die skoolbaadjie
  • Gewone langmou wit hemp vir dasdrag
  • Kort- of lang- vaalbruin riffelkoord broeke
  • Skooldasse is verpligtend in die winter by die langmouhemde en baadjies
  • Effe roesbruin truie met V-hals by skoolhemde
  • Moulose truie onder skoolbaadjie
  • LW Die sportsweetpak word nie as skooldrag gedra nie

LW  ‘n Skoolskoen is ‘n skoen sonder versiering,toegeryg vir seuns en ‘n dwarsbandjie vir  
        dogters en geen aaneenlopende sool nie.

Balkies

  • Leerders dra balkies slegs op hulle skoolbaadjies en word netjies vasgestik
  • ‘n Maksimum van 2 rye balkies word op die baadjie toegelaat. Daarna moet die balkies omgeruil word vir een wat ‘n bestaande groep balkies vervang
  • Slegs balkies waarvoor ‘n balkietoekenningsbrief van die skool ontvang is, mag gedra word
  • Die toekenning van balkies word deur die normkomitee bepaal
  • Navrae kan aan die Normkomitee gerig word.  Die telefoonnommer is by die skoolkantoor beskikbaar.

    Leweransiers:

  • Antoinette’s Uitrusters H/v Horn- en Genl. Pienaarstraat, Witpoortjie - Tel:  955-2285
  • Viva Sport – H/v The Highway en Olivierstraat 10, Florida – Tel:  672-7562
  • Friendly House, Van Wykstraat 13, Roodepoort – Tel:  763-2566

Klerebank

Die skool het ook 'n klerebank waar goeie tweedehandse klere teen 'n baie billike tarief gekoop of geruil kan word. Die klerebank word onder leiding van twee personeellede deur ouers beman. Hierdie ouers lewer 'n onbaatsugtige diens aan die skool deurdat hulle hulle tyd aan die skool bied.

TYE:

Dinsdagoggend: 07:30 - 08:00
Donderdagmiddag: 13:00 - 13:30

SPORTDRAG

Atletiek
Skool se atletiekbroekie en hempie (Leweransiers)

Rugby
Swart rugbybroek en skool rugbytrui (Leweransiers)
1ste Span eie klere deur borgskappe soos goedgekeur deur Skoolbestuur

Netbal
Netbalromp, skool sporthemp met oranje skipants en wit kouse (Leweransiers)
1ste Span eie klere deur borgskappe soos goedgekeur deur Skoolbestuur

Krieket
o/9 –o/13: Skool sporthemp, wit langroek, skool kriekettrui en tekkies/krieketskoene
Minikrieket: Wit kortbroek, skool sporthemp, skoolkouse en tekkies
Krieketpette is opsioneel (Meeste van die klere is by leweransiers beskikbaar)
1ste Span eie klere deur borgskappe soos goedgekeur deur Skoolbestuur

Hokkie
Selfde klere as netbal met hokkiekouse en tekkies (Leweransiers)
1ste Span eie klere deur borgskappe soos goedgekeur deur Skoolbestuur

Tennis
Sporthemp, wit broek tekkies en kort wit kouse

Skaak
Skooldrag

Landloop
Soos vir atletiek

VRYDAGDRAG
Skool t-hemp en denim met netjiese tekkies en kouse. Geen geskeurde dennimdrag mag gedra word nie.

KULTUURDRAG

Kore
Senior- of juniorkoordrag soos deurgegee met skoolskoene.

Kunswedstryde
Tydens kunswedstrydoptrede moet kinders volle wintersdrag aantrek.

ANDER

Skool 1ste spanne
Die skool se 1ste spanne mag die goedgekeurde aanvullende sportbaadjie aantrek tydens sportdae, ligawedstryde en Vrydae se denimdrag, maar nie op ander dae nie.

Toerdrag
Toerdrag is nie skooldrag nie en mag nie skooltoe gedra word nie.

Geleentheidsdrag
Tydens nasionale loslitdag en ander geleenthede mag kinders aantrek ooreenkomstig die skool se spesifieke omsendbrief vir daardie geleentheid.