Rugby en Netbal

Rugby-
en
Netbalkamp
23-26 Februarie 2012

Gr 1-3 Oueraand

Gr 1-3
Oueraand
28 Februarie 2012
17:00 - 18:30

Atletiek D12

Atletiek
D12 Kampioenskappe
Donderdag
23 Februarie 2012 

Studiesentrum

LAERSKOOL HORISON LEWER 'N EENSTOPDIENS VIR SY LEERDERS:
HOE IS DIE STUDIESENTRUM GEBORE:

Die gedagte vir die stig van hierdie sentrum is gebore uit 'n spesifieke behoefte van 'n aantal ouers wat graag hulle kinders in 'n sentrum wou plaas wat aan bepaalde behoeftes van die kinders kan voldoen.
Akademie en kennis is nie vir hulle 'n las nie - maar 'n uitdaging om meer te leer.

Meeste van hierdie kinders neem deel aan talle buitemuurse aktiwiteite by die skool maar omdat in die meeste gevalle albei die ouers werk, is dit soms vir die ouers moeilik om die kinders by al die aktiwiteite te kry en vanuit die sentrum kontroleer ons die kom en gaan van die leerders na hulle verskillende buitemuurse aktiwiteite.

Die kinders het nie altyd toegang tot noodsaaklike bronne wat hulle nodig het vir navorsing vir hulle take nie en die ouers kom dikwels te laat van die werk af om hulle betyds na 'n biblioteek toe te neem om goeie navorsing te doen.

Verder het ouers ook aangedui dat hulle dringend op soek is na 'n veilige rustige plek waar hulle kinders met die nodige bronne en hulp smiddae hulle huiswerk kan doen.

Ons probeer om aan hierdie eerste basiese behoeftes te voldoen.

DIE KINDERS HET TOEGANG:

Ons poog om met alles tot ons beskikking en binne ons vermoë aan die kinders toegang te gee tot soveel as moontlik middele om hulle te verryk en met hulle werk te help.

Wat die gebruik van die internet aanbetref het die kinders slegs toegang tot internet . Dit beteken dat geen kind toegelaat sal word om doelloos elke middag op die "net" te "surf" nie. Hulle het slegs toegang tot die internet onder toesig van Juffrou Annette Vermeulen en dan slegs om navorsing te doen vir hulle take op opdragte. Dit is vir niemand nuus dat dit duur is om gedurende die dag op die internet te werk nie en daarom glo ek dat ouers begrip het vir die besluit dat kinders die internet slegs vir akademie en navorsing sal kan gebruik.

Verder het hulle ook toegang tot die gebruik van 'n aantal rekenaars in die mediasentrum waarop daar 'n wiskunde en 'n leesprogram gelaai is, asook 'n aantal lekker-speel-speletjies.

Daar is tans nege rekenaars waarop hulle kan kies waarmee hulle hulleself wil besig hou.

Hulle het natuurlik toegang tot die naslaanwerke in die mediasentrum en ons help hulle waar moontlik met afdrukke soos hulle dit benodig.

HUISWERK:

Natuurlik is is die personeel daar om die kinders te help binne hulle vermoë. Daar kan ongelukkig nie onderneem word dat elke stukkie huiswerk en taak van elke kind gedoen en gekontroleer sal wees aan die einde van elke dag nie, aangesien die kinders se verskillende programme 'n groot rol speel in die hoeveelheid tyd wat hulle by die sentrum is.

TYE:

Die sentrum is oop gedurende skoolkwartale.

Die sentrum is weeeksdae oop van Maandag tot Vrydag.

Die sentrum sal oop wees van 13:30 tot 17:30.

LW - Die Studiesentrum is NIE oop gedurende skoolvakansies nie.
AFHAALTYE:

Dit help ons baie indien alle kinders om half-6 afgehaal is. In die winter is dit half-6 al donker - dit gaan oor veiligheid.

Ouers is natuurlik welkom om hulle kind vroeër te kom haal indien hulle werkstyd dit so toelaat.

Ons neem die afhaaltye van die verskillende kinders ook in ag wanneer die program vir elke week bepaal sodat sover binne ons vermoë 'n kind nie te veel misloop nie.

Ouers sal egter verstaan dat dit dalk met hierdie "besige arende" soms sal gebeur dat 'n outjie iets sal misloop.

Ons hou ook in gedagte dat Vrydae tradisioneel "speeldag" en "maatjiesdag" is en aanvaar dan ook dat daar van die kinders soms op 'n Vrydag nie sal opdaag nie.

Ons maak dan ook van Vrydae 'n meer ontspan en sosiale dag.

VAN DIE TALLE LEKKER DINGE WAT ONS AL GEDOEN HET.